Simone van der Merwe, ’n gr. 8-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, het in Maart aan die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskap in Gqeberha (Port Elizabeth) deelgeneem waar sy ’n silwermedalje gewen het. Sy en haar teenstander het behoorlik vir die eerste plek baklei, want Simone is met ’n skrale 0.21 punte in die tweede plek.