Die Cape Chamber Musiek Collective (CCMC) stel vandeesmaand die Odeion-strykkwartet met opvoerings van skrykkwartette van Mendelssohn en Hofmeyr aan Kaapse gehore bekend. Die Odeion-strykkwartet (OSK) is in 1991 as ’n permanente en voltydse residensiële strykkwartet by die Universiteit van die Vrystaat gestig. Dis die enigste sodanige skrykkwartet by ’n Suid-Afrikaanse universiteit. Die OSK (foto) vervul ’n belangrike strategiese rol in die ontwikkeling van en opleiding in orkestrale en klassieke musiek in alle gemeenskappe in die Vrystaat. Die kwartet tree wyd op – nasionaal en internasionaal – en het ’n ywerige belangstelling in eietydse Suid-Afrikaanse komponiste. Die OSK bestaan uit Samson Diamond (eerste viool), Sharon de Kock (tweede viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello) – almal voltydse musiekdosente aan die Kovsies. Hulle sal Donderdag 10 November om 19:00 by die IS-galery in Dorpstraat, Stellenbosch, optree. Die program bestaan uit Hendrik Hormeyr se “Quartetto d’archi I” (Strykkwart Nr. 1) en Felix Mendelssohn se “Strykkwart Nr. 2” in A-mineur op. 13. Kaartjies kos R200 (R150 vir pensioentrekkers en R100 vir studente) en sluit ’n glas wyn in. Bespreek jou plek aanlyn by www.capech

Credit: SYSTEM