Die jaarlikse junior kunsuitstalling van die PJ Olivier-kunssentrum in Stellenbosch is Saterdag (28 Mei) geopen. Hier is Redewan Larney (onderwys-hoofspesialis van die WKOD), Anina Lundie (senior kurrikulum-beplanner van skeppende kunste van die WKOD) en Nelis Koegelenberg (skoolhoof van die PJ Olivier-kunssentrum) by die opening.Altesaam 1 100 kunswerke van gr. 1- tot gr.9-leerders word tot Vrydag 10 Junie ten toon gestel. Die kunssentrum bied klasse in skeppende kunste vir leerders van 16 skole in die Wynland- en die Helderberg-omgewing aan. Die kunssentrum, wat te Blomstraat 3 geleë is, is weeksdae tussen 10:00 en 16:00 oop. Vir meer inligting skakel 021 886 4854. Foto:


Kreatiewe kinders se kunswerke te sien

You need to be Logged In to leave a comment.