Die Stellenbosch-krieketklub het die afgelope naweek sy krieketspelers tydens die klub se jaareindfunksie vereer. Die toekenningsgeleentheid was vir die 2021-’22-seisoen.
Spelers, bestuur en addisionele lede en hul gardes het die geleentheid bygewoon.
Ondanks die klub se relegasie van die Premierliga na die Promosieliga het die spelers hulle staal op die krieketveld gewys. En vir hierdie rede sê Riaan Arnolds, sekretaris van die klub, het elke speler sy toekenning verdien.
Laughton Barens is as die Speler van die Jaar aangewys terwyl Peter Cyster as Sportman van die Jaar aangewys is. Cyster is ook as die Bouler van die Jaar aangewys.