Die nuwe Biertjies Lager is Saterdag 19 Februarie deur bekende Afrikaanse musikante tydens die Biertjie-bierfees by Saggy Stone bekendgestel.
Die Afrikaanse musikant Corné Pretorius het Suid-Afrikaners sedert die bekendstelling van sy debuutliedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My” en “Halfvol” in 2020 op hul voete. Vroeg verlede jaar het hy met Die Heuwels Fantasties en Ampie kragte saamgespan om die somer-braai-liedjie “Biertjies” saam te stel. Nadat dié liedjie positiewe terugvoer van aanhangers opgelewer het, het Pretorius bogenoemde musikante gevra of hulle belang sou stel in die bekendstelling van ’n bier ter viering van die liedjie. Die res is geskiedenis… Early B het ook sy verskyning gemaak en die aand is op ’n hoë noot afgesluit.