KUNSTE: Museum nooi kunstenaars en kreatiewes om responsiewe werke in te skryf

Die Rupert-museum in Stellenbosch nooi kunstenaars en kreatiewes, van enige kreatiewe industrie, platform of beroep, uit om inspirasie te neem uit AbstRacT – die verborge sinchronie uitstalling uit die versamelings van die Huberte Goote-kunsstigting


Die Rupert-museum in Stellenbosch nooi kunstenaars en kreatiewes, van enige kreatiewe industrie, platform of beroep, uit om inspirasie te neem uit AbstRacT – die verborge sinchronie uitstalling uit die versamelings van die Huberte Goote-kunsstigting en Rupert-kunsstigting.

Die museum is op soek na responsiewe werke wat enige medium gebruik en in enige styl van die kunstenaars se keuse.

Die Rupert-museum se derde ope uitnodiging mik daarna om inspirasie te bied en betrokkenheid met die permanente versamelings wat deur die museum bestuur word, te aktiveer, sowel as om opkomende kunstenaars en kreatiewes die geleentheid te bied om hul werk uit te stal en te verkoop.

Responsiewe werke moet elektronies ingedien word vir moontlike insluiting in ’n verkoopsgroepuitstalling wat van Februarie tot September 2025 in die Jan Rupert-kunsentrum in Graaff-Reinet uitgestal sal word.

Aangesien dit ’n responsiewe oproep is, mag geen werk wat voor April 2024 geskep is, ingedien word nie. Die hoeveelheid werke wat vir uitstalling gekies sal word, sal bepaal word deur die kwaliteit sowel as die algehele grootte van geselekteerde stukke. Weens reis- en groottebeperkings in die uitstallingsruimte van die kunsentrum, moet die werk wat ingedien word aan die volgende vereistes voldoen: die kunswerke kan tweedimensioneel, driedimensioneel en/of installasies of van ’n multimedia, video-optredes of film verskeidenheid wees.

’n Aanlyn veiling sal gedurende die uitstallingstydperk aangebied word.

Kunstenaars moet hul werk elektronies indien deur die inskryfvorm, sinopsis (tot 300 woorde) en hoë-resolusie beelde of video na opencall@rupertmuseum.org van die voltooide werk voor of op die sluitingsdatum van Vrydag 3 Januarie 2025 te stuur.

Vir meer inligting of enige navrae kontak die span by opencall@rupertmuseum.org of bel 021 888 3261.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.