Kursus in leierskap by US kom

Inwoners van Stellenbosch en omliggende dorpe word uitgenooi om in te skryf vir die jaarlikse e’Bosch- gemeenskapsleierskapskursus.


Inwoners van Stellenbosch en omliggende dorpe word uitgenooi om in te skryf vir die jaarlikse e’Bosch- gemeenskapsleierskapskursus.

Die kursus bestaan uit sewe aanlyn modules en vier in-persoon modules waarvan die vierde module ’n praktiese komponent insluit. Die kursus vind van 11 April tot 16 Augustus plaas.

Die kursus word geborg deur e’Bosch Erfenisprojek en registrasie kos R2 500, met ’n nieterugbetaalbare deposito van R150 per persoon vir registrasiedoeleindes.

Suksesvolle kursusgangers ontvang ’n sertifikaat uitgereik deur die Universiteit van Stellenbosch se Sosiale Impak-afdeling.

Kontak e’Bosch teen of voor 11 April per WhatsApp by 061 595 4085 of e-pos carol@ebosch.co.za om ’n amptelike aansoekvorm te kry.

  • Vereistes: Applikante moet gemeenskapsgerig wees, al die sessies kan bywoon, 18 jaar of ouer wees en oor ’n matrieksertifikaat beskik.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.