KWDM -brandweerdienste toegerus met die nuutste Insidentbevelbus om noodreaksie te verbeter

Die Kaapse Wynland-distriks­munisipaliteit (KWDM) se brandweerdienste het Vrydag 28 Julie sy moderne, pasgemaakte mobiele “Insident-bevelbus” in Stellenbosch ontvang.


Die Kaapse Wynland-distriks­munisipaliteit (KWDM) se brandweerdienste het Vrydag 28 Julie sy moderne, pasgemaakte mobiele “Insident-bevelbus” in Stellenbosch ontvang.

Dr. Elna von Schlicht, die burgemeester, het haar vreugde oor hierdie uitbreiding van die vloot vol entoesiasme gedeel.

“Ek is in ekstase oor hierdie nuwe toevoeging tot ons brandweervloot, wat ongetwyfeld ’n positiewe uitwerking sal hê op hoe ons gemeenskappe beskerm en bedien word wanneer hulle op hul kwesbaarste is,” het sy gesê.

Die nuwe voertuig is oorhandig deur Ramcom Cape, die diensverskaffer wat vir die uitsonderlike ontwerp en samestelling van die bus verantwoordelik was.

Dié voertuig sal instrumenteel wees tydens die Kaapse Wynland se brandseisoen, wat van November tot April strek, en wanneer die distrik veldbrande ervaar waarvoor die distriksmunisipaliteit gespesialiseerde brandbestrydingsdienste moet verskaf om berg-, veld- en chemiese brande te blus.

Die Insident-bevelbus sal die KWDM, sy vennote en ander rolspelers in staat stel om in ’n maklik toeganklike voertuig bymekaar te kom en maatreëls in reaksie op groot voorvalle, wat ’n bedreiging vir die gemeenskap en eiendom inhou, doeltreffend te beplan en te implementeer.

Die simplistiese ontwerp met ’n gemoderniseerde werkruimte sluit kenmerke in soos ’n konferensie-area met 10 sitplekke en ’n volledig gerekenariseerde interaktiewe skerm van 145 cm en witborde. Daar is genoeg kragpunte binne en buite die voertuig wat toegerus is met ’n omgekeerde kragopwekker en ’n sonkragstelsel op die dak vir ononderbroke elektrisiteitstoevoer, veral op afgeleë plekke. Wi-Fi-netwerkverbinding met rugsteun in geval van onderbrekings en versoenbare tweerigtingradio-konnektiwiteit word aangevul deur gesentraliseerde lugversorging, ’n mikrogolfoond en ’n yskas om toe te sien dat alle belanghebbendes tydens werksaamhede gerieflik is.

Die bus is spesifiek ontwerp om aan die behoeftes van die struktuur van ’n insident-bevelstelsel (ICS) te voldoen, wat voldoende ruimte bied vir vergaderings van die
topstruktuur van die ICS en om die betrokke lede van die ICS tydens
inligtingsessies te akkommodeer, indien nodig. Die ICS is ’n gestandaardiseerde
benadering tot die bevel, beheer en koördinering van die noodreaksie van
individuele agentskappe tydens groot rampvoorvalle en/of groot beplande
gebeure.

Met die bekendstelling van hierdie supermoderne
Insidentbevelbus bevestig die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se
brandweerdienste hul verbintenis om die bevoegdheid in noodreaksie te versterk
en om die welstand van die gemeenskap gedurende uitdagende tye te beskerm.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.