Die programme bestaan ​​uit teoretiese klasse en praktiese opleidingsessies.
Die programme bestaan ​​uit teoretiese klasse en praktiese opleidingsessies. Credit: Verskaf

Na afloop van ‘n suksesvolle voldoeningsbesoek deur kontroleerders van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Nooddienste (Saesi), het die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) aangekondig dat sy opleidingsaanbod aansienlik uitgebrei het.

Die KWDM- Akademie vir Brandweeropleiding is met ‘n bykomende 18 programme van die International Fire Services Accreditation Congress (Ifsac) geakkrediteer, wat hul reputasie as ‘n toonaangewende opleidingsinstelling vir brandweer- en nooddienste bevorder.

Meer as 7 000 brandbestryders het oor die afgelope 18 jaar een of meer van die agt opleidingskursusse van die KWDM- Akademie vir brandweeropleiding voltooi. Brandbestryders van verskeie dissiplines woon die akademie by om praktiese sowel as teoretiese onderrig te ontvang, wat verseker dat die bestryders goed vir die uitdagings van noodreaksie voorberei is.

Hierdie mylpaal vermeerder die getal geakkrediteerde programme by die akademie tot 26 en maak voorsiening vir ‘n breër reeks internasionaal erkende kwalifikasies.

Die bykomende akkreditasie versterk die akademie se vermoë om noodsaaklike opleiding aan munisipale personeel en vennote te verskaf. Dit verseker voldoening aan munisipale personeelregulasies en rus personeel toe met die nodige vaardighede vir toekomstige rolle.

Die akkreditasie bevestig die KWDM-brandweerdienste se onwrikbare verbintenis tot die hoogste standaarde van opleiding en professionele ontwikkeling.

Deur sy opleidingsaanbod voortdurend te verbeter, verseker die Akademie vir Brandweeropleiding dat personeel goed toegerus is om aan die veranderende eise van noodreaksie en openbare veiligheid te voldoen.

Die nuwe geakkrediteerde programme sluit in:

  • Bewusmaking oor gevaarlike materiaal of massavernietigingswapens;
  • Gevaarlike-materiaal-optrtedes – kern;
  • Missie-spesifieke bevoegdhede: Persoonlike beskermende toerusting;
  • Missie-spesifieke bevoegdhede: Produkbeheer;
  • Brandbestryder 1;
  • Brandbestryder 2;
  • Brandapparaatbestuurder/-operateur – algemene vereistes;
  • Brandapparaatbestuurder/-operateur – bewusmaking oor touredding uit die lug;
  • Toureddingsoperasies;
  • Toureddingstegnikus;
  • Brandweerbeampte 1;
  • Insidentbestuurspersoneel: Insidentbevelvoerder;
  • Veiligheidsbeampte;
  • Beampte: openbare inligting;
  • Hoof: Operasie-afdeling;
  • Groeptoesighouer: Operasie-afdeling;
  • Aanvalspan/-taakmagleier;
  • Groeptoesighouer: Lug-takties;
  • Hoof: Beplanningsafdeling;
  • Hulpbroneenheidsleier;
  • Brandondersoeker;
  • Opvoeder 1: Brand- en lewensveiligheid;
  • Instrukteur 1: Brandweer-en-nood-diens;
  • Wildernisbrandbestryder 1;
  • Wildernisbrandbestryder 2; en
  • Wildernisbrandweerbeampte 1.

You need to be Logged In to leave a comment.