Kyk oukersaand konsert op jou voorstoep

’n Aanlyn konsert, 180 Minute @ Jou Voorstoep, word Oukersaand (Saterdag 24 Desember) om 19:00 ten bate van Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap aangebied.


’n Aanlyn konsert, 180 Minute @ Jou Voorstoep, word Oukersaand (Saterdag 24 Desember) om 19:00 ten bate van Solidariteit Helpende Hand Wes-Kaap aangebied.

Die kunstenaars wat optree is die alombekende Manie Jackson, Michael Lindt, Alan Ladd en die gewilde Suid-Kaapse sangers Lesinda en Janine. Die konsert pas by die gees van die feestyd en is lig, opgewek en vrolik.

Kykers kan uitsien na ’n besondere speellys met treffers soos “Die Hemel Weet”, “Green-eyed angel”, “Ring of Fire”, “Karoohart”, “Why me Lord”, “Blue eyes crying in the rain”, “A million drums”, “Julia”, “Oh holy night”, “Elke wolk het ’n silwer rand”, en verskeie duette. Die hoogtepunt word gehou vir laaste en beloof om ’n onvergeetlike saamsing-lied vir almal te wees.

Kykers en luisteraars word aangemoedig om boodskappe met persoonlike Kerswense vir hul geliefdes te stuur. Dit sal tydens die konsert deur die kunstenaars oorgedra word. Besonderhede hiervoor sal op die kaartjies beskikbaar wees.

180 Minute @ Jou Voorstoep kan op alle internet-gekoppelde toestelle soos slimfone, tablette, rekenaars en slim TV’s gekyk word. Kaartjies kos R50 elk en is by Pick n Pay-winkels en aanlyn by Webtickets te koop. Met elke kaartjie word ’n internetskakel verskaf wat toegang tot die uitsending bied. Die skakel sal 24 uur na afloop van die konsert nog aktief bly.

Jou hele gesin, familie en vriende kan 90 minute se vermaak van die heel beste gehalte in die gerief van jou woning geniet. Die internetskakel is nie uitruilbaar nie, maar die aantal kykers by een toestel is onbeperk.

Verder is ’n Pick n Pay-koopbewys ter waarde van R10 000 ook op die spel vir een gelukkige wenner. Die trekking vind plaas Kersdag om 12:00 plaas en die wenner sal telefonies gekontak word, en sy of haar naam sal ook op Pic an Artist Promotions se Facebook-blad aangekondig word.

Vir navrae oor die konsert, kontak 071 209 1977 of stuur ’n e-pos na 180minute@royalcape.net.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.