Die eerste skoolkwartaal van 2024 was ’n besige tyd vir leerders van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Van atletiek, swemgalas en bergfietsry-kompetisies tot krieket, eksperimente in die klaskamer en waterpolo-aksie in die swembad, is die PRG-seuns omtrent besig gehou. Hier is ’n blik op van die aktiwiteite.

Atlete van Paul Roos Gimnasium (PRG) het by vanjaar se Boland-kampioenskap sewe goue, 14 silwer- en nege bronsmedaljes verower. Die gouemedalje-wenners is Zachary Ribeiro (o.14- kort hekkies), Geshem Pietersen (o.14-verspring), Luc Botha (o.15 400 m), Zachary Alfred (o.15- kort hekkies), Nathan Barnard (o.15-gewigstoot), Nathan Sander (o.19-gewigstoot), en Luke van der Merwe (o.19-hoogspring).

Pieter Venter (regs), ’n leerder aan PRG, het die tweede plek behaal in die junior mans downhill-afdeling van die WC/SA Downhill Series wat Saterdag 24 en Sondag 25 Februarie by die Zevenwacht-wynlandgoed in Kuilsrivier gehou is.

Die fietsryers van PRG het Vrydag 1 en Saterdag 2 Maart aan die Paarl XCO 2024 by Spice Route deelgeneem. In die XCO-dissipline het Neil van der Vyver (eerste, middel) en Benji Fourie (tweede, links) in die jeug- o.16-kategorie geëindig.

Die PRG-fietsryers Jake van Schoor (eerste, middel) en Jack Schlienann (tweede, links) het goed in die sub junior-kategorie van die downhill-dissipline van die Paarl XCO 2024 gevaar.

Die o.19A-krieketspan van PRG het Saterdag 24 Februarie Grey Kollege in Stellenbosch vir sy jaarlikse interskole krieket-kragmeting verwelkom. PRG kolf eerste en teken 247/6 aan in sy beurt, met Riley Norton (94), Matthew Seymore (45) en Cornel Swart (32) wat die meeste lopies vir die tuisspan aanteken. Grey Kollege kon slegs 191 aanteken voordat hulle uitgeboul is. Dian Winkel (4/34) was die beste bouler vir PRG in die span se 56-lopie- sege. Foto: Charmaine Sander Photography

Die eerste krieketspan van PRG het Saterdag 17 Februarie met twee paaltjies koning gekraai in sy wedstryd teen die eerste span van Bishops. Die wedstryd is in Stellenbosch gespeel, met die besoekers wat eerste gekolf het en is, danksy die boulvernuf van Riley Norton (4/36) en Dian Winkel (4/13), almal vir slegs 94 lopies uitgehaal. Die Paul Roosers het toe gaan kolf en die teiken, met die telling op 95/8, bereik. Roux Joubert (24) en Beor van Reenen (19) was die Stellenbossers se topkolwers.

The Grade 12 physical sciences learners of PRG made esters in the laboratory on Thursday 1 February. The learners will use the scent of the esters to try and identify unknown esters.

Die swemspanne van PRG het Dinsdag 6 Februarie aan die Frank Myburgh Twilight-gala deelgeneem, met die skool se A-span wat vir die derde agtereenvolgende jaar met die louere weggestap het. Volgens die gala-reëls mag die B-span se punte ongelukkig nie in berekening gebring word nie, maar dié PRG-span het egter nie-amptelik tweede geëindig.

Die o.19A-tennisspan van PRG is vanjaar weer as die kampioen van die Zest Fruit Gerrie Berner-tennistoernooi gekroon. Die span het Sondag (18 Februarie) die toernooi, wat vir die 19de jaar deur die skool in Stellenbosch aangebied is, vir die 14de keer gewen. Die span, bestaande uit Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar, Divan Prinsloo, Hanno Bouwer, Sebastian Oosthuizen en Simeon Roothman, het Westville Boys’ High School 5-2 in die eindstryd geklop. Die finale uitslag ná die toernooi was: PRG (eerste); ?Westville Boys’ High School (tweede); Hoër Jongenskool ?Paarl Boishaai (derde); ?Grey College (vierde); en Hoërskool ?Waterkloof (vyfde).