Met slegs een wedstryd oor in vanjaar se Superliga C-kompetisie is die Kylemore-rugbyklub reeds verseker van ’n plek in die uitkloprondes (Topses-kompetisie), danksy ’n wegholsege die afgelope naweek (Saterdag 30 Julie) teen Blue Jets-rugbyklub met ’n telling van 59-17 op die Rocklands-sportterrein in Mitchells Plain. Die manne in die rooi en swart kom Saterdag 27 Augustus teen Elsiesrivier-rugbyklub te staan en die span berei reeds voor vir die volgende deel van die kompetisie waar bepaal gaan word wie van die topses-spanne uiteindelik die liga wen en sodoende promosie na Superliga-B verkry. Kylemore-rugby se bestuur is ook veral dankbaar teenoor plaaslike sakelui wat die klub ondersteun en het verlede Vrydag (29 Julie) by ’n geselligheid die hoofborge vir hul bydrae aan die klub en spelers bedank.Foto: