La Motte en unies in regsgeding betrokke

,

Die stof rondom die plek waar Franschhoek se La Motte-rugby-klub vanjaar gaan speel, het nog nie gaan lê nie. Dié klub is tans in ‘n regstryd met die Westelike Provinsie- […]


Die stof rondom die plek waar Franschhoek se La Motte-rugby-klub vanjaar gaan speel, het nog nie gaan lê nie. Dié klub is tans in ‘n regstryd met die Westelike Provinsie- en Boland-rugbyunies gewikkel, sê Darryl Farmer, ‘n woordvoerder van die klub, aan Eikestadnuus op ‘n vraag of die verskille tussen die unies en die klub al bygelê is.

“Die saak is in die hande van ons regsverteenwoordigers. Ons, as klub, het besluit om by die Boland-rugbyunie aan te sluit . . .

“Ons aansoek is op die jaar- vergadering van die Boland-rugbyunie op 30 November verlede jaar vir affiliasie by Boland bekragtig.

“WP het egter geweier … en sonder ons toestemming of ooreenkoms besluit om ons in sy noordelike liga te plaas.”

Die seisoen het op 1 April in die WP begin en La Motte het nog geen wedstryde in die noordelike liga gespeel nie. Farmer sê dat die klub sal voortgaan met sy stryd om binne die strukture van die Boland-rugbyunie erken te word.

Die Boland- en WP-rugbyunies wou nie kommentaar lewer nie.

Darryl Farmer, woordvoerder van die La Motte-rugbyklub.

You need to be Logged In to leave a comment.