Uitnemende atlete, joernaliste en sport- administrateurs kan nou vir die agtiende jaarlikse Suid-Afrikaanse Sportoekennings benoem word.
Die departement van sport, kuns en kultuur nooi sportfederasies, provinsiale sportdepartemente, professionele ligas, sportklubs of sport-unies, die sport vir maatskaplike verandering-netwerk, skole se sportkodestrukture, mediamaatskappye en erkende sport- en ontspanningsorganisasies om benoemings vóór môre (Vrydag 20 Junie) in te dien.
Hierdie jaar se weergawe word onder die tema “Viering van Sportuitnemendheid” aangebied.
Individue en spanne wat ‘n passie vir sport in die harte van Suid-Afrikaners deur hul binne- of buitelandse deelname lewend hou, kan op dié manier vereer word.
Besoek die departement se webtuiste by www.dsac.gov.za vir nog inligting en om benoemings in te dien.