Die geleentheid is ter viering van Erfenismaand deur sers. Allister Marajh, bestuurder vir die Sektor 2-polisieringsgebied in Stellenbosch, gereël. Alle misdaadbekampingsvennote in die gebied is na die geleentheid by die Protea Hotel Technopark genooi. Marajh het sy dank aan ABC Security se Morné Uys uitspreek, asook die dag se borge, KwikSpar Paradyskloof, Pick n Pay Stellenbosch Square en Protea Hotel Technopark. Sers. Lesley Dreyer (links) en Shamiel Allie was verantwoordelik om die potjie van die Stellenbosch-polisie aan die kook te hou. Foto: Tasmin Cupido


Die potte het behoorlik geprut toe lede van die Stellenbosch-polisie en verteenwoordigers van ABC Security verlede Vrydag (27 September) hul kookvernuf tydens ’n potjiekoskompetisie ten toon gestel het.

Die span van die Stellenbosch-polisie het ’n Springbok-rugbytema uitgebeeld. Dié verteenwoordigers het met trots hul groen-en-goud truie vir die geleentheid gedra. Foto: Tasmin Cupido

Cheswill Groenewald, Stephen Nelson, Lee Meyer en Wiehann Beck was van die ABC Security-verteenwoordigers wat die potjiekoskompetisie bygewoon het. Foto: Tasmin Cupido

Die Springbok-ondersteuner sers. Allister Marajh en die All Blacks-ondersteuner kapt. Natalie Martin, woordvoerder van die Stellenbosch-polisie, het hul polisie-uniforms vir truie van hul gunsteling internasionale rugbyspanne verruil. Foto: Tasmin Cupido

Kapt. Wilna Barnard, kapt. Herlien van Zyl en lt. kol. René Matthee het agteroor gesit en gesels terwyl die potte aan die prut was. Foto: Barend J Williams

Erica Abrahams, Helen Martin, Frikkie Breda, John Bailey, Marilyn Adonis en Shereen Jones het gesellig verkeer. Foto: Barend J Williams

Andile Jones, Reatile Modise, Siyakholwa Jack, Someleze Qwaka en Samuel Dida het die om die vuur gestaan en gesels. Foto: Barend J Williams

You need to be Logged In to leave a comment.