Laat ‘die tekkies veilig klap’ binne die geel streep

Vir die hoeveelste keer word ek vanjaar byna omgery op die R304. En wees verseker dit is nie omdat ek in die pad draf nie.


Vir die hoeveelste keer word ek vanjaar byna omgery op die R304. En wees verseker dit is nie omdat ek in die pad draf nie.

Ek’s rustig besig om binne die geel lyn, op die skouer van die pad, my stokperdjie te beoefen.

Kan iemand van die verkeers-departement dalk net die reëls van die noodbaan aan ons motoriste verduidelik asseblief.

Ek weet dat van my mededrawwers en fietsryers met dieselfde probleem sit.

Wees egter gewaarsku, meneer padvark, wat met ’n “wat-soek-jy-in-die-pad-houding” terugkyk in jou truspieëltjie. Dit kan dalk net ek wees op wie jy volgende keer afpyl.

Van blote skrik vir die gevaar, mag my 1 kg-gewiggie waarmee ek draf dalk op jou skoot beland.

En wees verseker, dit is nie ’n dreigement nie, sien dit as ’n vriendelike waarskuwing.

Roger JonkermanDawid Botha, direkteur van Stellenbosch-fietsry, antwoord soos volg op die klagte: Motorbestuurders mag net in die noodbaan links van die geel lyn beweeg mits hulle seker is dat voetgangers of fietsryers minstens 200 meter voor hulle sigbaar is. Hulle moet ook altyd een meter handhaaf tussen hulle en fietsryers.
Drawwers en fietsryers op ons paaie, of hulle nou op pad werk toe is of net vir ‘n bietjie oefening, het ‘n reg op veiligheid as hulle daar wil ry of draf. Hulle betaal ook BTW en inkomstebelasting. Hulle en motorbestuurders moet die reëls nakom; nog meer belangrik: hulle moet mekaar respekteer.
Sommige motorbestuurders moet besef hierdie drawwers en fietsryers lewer ’n groot belastingbydrae tot die pad waarop hulle ry.
Ons moet almal besef dat in die Stellenbosch munisipale gebied geld ’n NMT-beleid (nie-motoraangedrewe vervoer) dat voetgangers, drawwers, fietryers en motorvoertuie gelyke behandeling kry.
Dit is al manier waarop ons groeiende bevolking in harmonie met mekaar kan saamleef op ons paaie.
Kom ons laat die tekkies veilig klap en die speke veilig sing – binne die geel streep!

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.