Tamaryn Africa (links), Jade Pangle (o.12 afrigter), Tamika Moses, Taylor Micheals, Olivia Kruger (Laerskool Eikestad), Anushka Theunissen, Hope Baron, Desmond Engelbrecht (Rietenbosch se adjunkhoof), Chanelle Fray, Waynne-Lee Frans en Lé-Shanté Williams.


Tydens die 2016 netbalseisoen was die o.12-netbalspan van Laerskool Rietenbosch onoorwonne.

Die span se oorwinnings deur die seisoen het ’n leerder van Laerskool Eikestad, Olivia Kruger, uiters beïndruk. Sy het daarom deur die skool se verrykingsprogram, geld ingesamel om tekkies te koop vir die netbalspan van Rietenbosch as deel van haar verryking.

Die verrykingsprogram is deur graad 6-leerders van Laerskool Eikestad gedryf onder leiding van hul onderwyseres, me A. Nanny, om leerders aan te moedig om ’n verskil te maak in hul gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.