Die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht, het die graad 7-klasse van die Vlottenburg Laerskool in Stellenbosch en die Laerskool Wes-Eind in Franschhoek saam met afgevaardiges met stelle skryfbehoeftes verras.Foto:


Die uitvoerende burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht, het die Graad 7-klasse van Vlottenburg Laerskool in Stellenbosch en Wes-Eind Laerskool in Franschhoek saam met die raadslid Deon Carinus (portefeuljehouer van tegniese dienste) en verteenwoordigers van die Stellenbosch-munisipaliteit verras met stelle skryfbehoeftes voordat hulle volgende jaar hoërskool toe gaan.

Die burgemeester het die geleentheid gebruik om die drie sfere van regering aan die leerders te verduidelik en toe ’n vinnige vasvra gehou en ’n paar bykomende pryse aan die leerders gegee. Die hande is met elke vraag gretig opgesteek.

Von Schlicht het ook ’n paar bemoedigende woorde aan die leerders oorgedra. “Julle is ons toekomstige nasie. Julle moet fokus op jul opvoeding, en mik na graad 12 en daarna, want julle kan word net wie en wat julle wil en ’n lig in die toekoms van ons land wees.”

Die skryfbehoeftes het penne, potlode, notaboeke, ‘flip files’, ’n sakrekenaar, glimpenne, liniale, ’n potloodsakkie en ’n wiskundestel ingesluit – alles verpak in ’n sak met ’n trekkoord vir die leerders se gebruik. Die skole sal hierdie stelle tot die einde van die jaar vir die leerders bêre.

Verskeie geïdentifiseerde skole reg oor die distrik sal soortgelyke stelle skryfbehoeftes ontvang.

Carinus, die kampioen van die projek, het gesê: “Ons hoop om die selfvertroue van leerders te help versterk wanneer hulle hierdie nuwe hoofstuk aanpak deur seker te maak hulle het die regte hulpmiddels om mee te begin.”

You need to be Logged In to leave a comment.