Kiesers het van 05:00 gister (Woensdag) in lang rye tougestaan om hul kruisies by die Coetzenburg-sentrum te trek. Foto: Francois Lombard


Kiesers en verteenwoordigers van die verskeie politieke partye was gisteroggend (Woensdag 29 Mei) in goeie gees namate inwoners van Khayamandi, Stellenbosch en Idasvallei vir stemdag opgedaag het.

Talle Suid-Afrikaners het sedert Maandag hul kruisies getrek in wat beskou word as die belangrikste stemdag sedert die eerste demokratiese verkiesing in 1994.

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) het die stemproses Maandag goed begin, met 1,6 miljoen Suid-Afrikaners wat landwyd geregistreer het om Maandag en Dinsdag te stem.

Teen gister het dit geblyk plaaslike stemlokale was goed geolie, met talle kiesers wat teen 08:00 met hul geïnkde duime gespog het. Inwoners het hulle in aanloop tot stemdag op sosiale media uitgespreek oor watter party hul stem sou kry, met sommige wat gemeen het dit is tyd vir groot verandering op beide provinsiale en nasionale vlak.

Dit blyk kleiner partye soos Gayton McKenzie se Patriotic Alliance en Marius Fransman se People’s Movement for Change het die stem dik gemaak, maar om te hoor of dié blootstelling in kruisies oorgeskakel het, sal almal moet wag en sien.

Kiesers se voorkeure vir die nasionale en provinsiale parlemente sal amptelik Sondag 2 Junie bekend gemaak word.

By die DA-tafel buite die St. John’s Anglikaanse kerk in Khayamandi het dié groep reeds vroegoggend hul kruisies getrek. Van links is Nosiphiwo Mkosana, Zukiswa Mkiva, Avuyile Gcely en Khanyisa Mkiva. Foto: Yaël Malgas

Kiesers wag vroeg gisteroggend geduldig in die ry vir hul beurt om by die stemlokaal by die St. John’s Anglikaanse kerk in Khayamandi te stem. Foto’s: Yaël Malgas

Kiesers wag in lyn by die stemlokaal by Idasvallei Primêr. Foto: Yaël Malgas

GOOD se vroue het reeds vroeg by die Idasvallei Primêr-stemlokaal gestem. Van links is Chanel Christians, Ashaana Booysen en Courtney-Anne Andrews. Foto: Yaël Malgas

’n Kieser stap by die stemlokaal by Idasvallei Primêr in om haar demokratiese reg te beoefen. Foto: Yaël Malgas

Elaine Ryk en Simolia February het die ACDP-tafel in Idasvallei beman. Foto: Yaël Malgas

Vinton Morgan en Adielah Lawrence het by die tafel van die People’s Movement for Change gesit. Foto: Yaël Malgas

Dié DA-ondersteuners het vroegoggend in Idasvallei gestem en gesê die res is op pad na die ry by die plaaslike laerskool. Foto: Yaël Malgas

Dié groep jong mense het hul opgewondenheid gedeel terwyl hulle in lyn by die Stellenbosch-stadsaal gestaan het. Foto: Francois Lombard

Dié groep jongmense was opgewonde om hul gemerkte duime te wys. Foto: Francois Lombard

Studente Nikeziwa Ndwandwe en Ayabulela Sana het gesê die opgewondenheid en senuwees oor die eerste keur te stem het hul uit die bed gejaag om vroeg reeds hul kruisies te trek. Foto: Yaël Malgas
stemdag

’n Kieser van Khayamandi besoek vroegoggend die ANC-tafel buite die St.?John’s Anglikaanse kerk. Van links is die ANC-verteenwoordigers Bantwini Lennox Makasi, Zimkitha Bakubaku en Busi Ndlovu. Foto: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.