Alicia Mutangiri en Rowaldo Cornelius van Hoërskool Lückhoff het provinsiale kleure vir landloop verwerf. Hulle is lede van die Wes-Kaapse span wat in Oktober aan die nasionale kampioenskap in Pretoria gaan deelneem.