Die Lanzerac-landgoed het vanjaar weer die beste sierwa by die jaarlikse Oesfees-parade gehad. Die span van Lanzerac en hul kollegas in die wynbedryf het Saterdag (1 Februarie) die Eikestad se strate ingevaar om die begin van die druiwe-oesseisoen amptelik te vier. Nadat die trofee oorhandig is, het Lanzerac in Victoriastraat af beweeg om sy sierwa, met ’n reuse-wynbottel en pars-gereedskap, ten toon te stel.Foto: Francois Lombard