Leer by kenners hoe om deur pale te skop

Die Lucas Roothman-skop­kliniek vir o.11- en o.13-rugbyspelers word van Woensdag 13 tot Vrydag 15 Julie by die Markötter-sportkompleks van Paul Roos Gimnasium (PRG) aangebied.


Die Lucas Roothman-skop­kliniek vir o.11- en o.13-rugbyspelers word van Woensdag 13 tot Vrydag 15 Julie by die Markötter-sportkompleks van Paul Roos Gimnasium (PRG) aangebied.

Die geleentheid om jong stelskoppers te ontwikkel, word deur Lucas Roothman, sport-organiseerder en rugbyafrigter van PRG, aangebied. Roothman het 11 jaar ondervinding in die afrigting van skoolrugby­spelers.

Die skop­kliniek vir o.11- en o.13-seuns is enig in sy soort in Stellenbosch en sal fokus op tegniek, stelskop­pe en wedstryd-spesifieke skoppe. Daar sal ook deurlopend rekord gehou word van die vordering van elke speler asook ’n video-analise.

Die hoogtepunt van die kliniek is die doelskop-kompetisie waarin ’n Stormers-rugbyspeler teenwoordig sal wees om die seuns wenke te gee en die talentvolle wenner geluk te wens. Die driedag-kliniek word daagliks van 08:00 tot 10:00 gehou en die koste beloop R500 per speler. Die kliniek sal ook Maandae en Woensdae tydens die derde skoolkwartaal aangebied word.

. ’n Beperkte aantal plekke is beskikbaar en belangstellendes kan Roothman by 082 539 7771 of lroothman@paulroos.co.za kontak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.