Leer meer oor waterveiligheid

Stel jou voor ’n Boeing 747 of 25 Metro-busse vol jeugdiges onder 20 jaar – dit is die jaarlikse verdrinking syfer in Suid-Afrika. ’n Totaal van 1 400 tot 1 500 jongmense verloor jaarliks hulle lewens deur verdrinking.


Stel jou voor ’n Boeing 747 of 25 Metro-busse vol jeugdiges onder 20 jaar – dit is die jaarlikse verdrinking syfer in Suid-Afrika. ’n Totaal van 1 400 tot 1 500 jongmense verloor jaarliks hulle lewens deur verdrinking.

Verdrinking gebeur binne sekondes. Dit gebeur so vinnig soos in die tyd wat dit neem om ’n teksboodskap te antwoord, ’n vislyn na te gaan of sonskerm aan te wend. Dit tref alle wateromgewings – van swembaddens by die huis, borrelbaddens en emmers tot strande, damme, mere en riviere.

Lewensredding Suid-Afrika is oortuig van die belangrikheid in die samewerking en verspreiding van kennis oor waterveiligheid, om daarmee wateraktiwiteite op ’n veilige manier pret te maak.

Die volgende waterveiligheidswenke van Lewensredding Suid-Afrika word aanbeveel vir hierdie vakansieseisoen:

Wanneer jy die strand besoek

  • Swem slegs by erkende strande en swem altyd tussen die rooi en geel vlae.
  • Volg lewensredders se instruksies – hulle is maklik om in hul rooi en geel uniforms raak te sien.
  • Hou ten alle tye toesig oor kinders naby water en maak seker dat hulle jou inlig wanneer hulle die water nader.
  • Besigtig altyd die kennisgewingsborde vir gety- en seetoestandopdaterings van die lewensredders.
  • Vra die lewensredders vir inligting oor seetoestande.
  • Moet nooit alleen gaan swem nie.
  • Wees bedag oor die diepte en of jy in die water kan staan.
  • Vermy dit om in riviermonde, vuil water of gebiede met bloublasies te swem.
  • Moenie direk nadat jy geëet het of terwyl jy eet, swem nie.
  • Hou glas bottels en glase weg van swemgebiede.
  • Moenie mekaar onder die water indruk nie.
  • Alkohol en swem is nie ’n goeie kombinasie nie – bly altyd nugter in en by water.
  • Gaan alleenlik in die water in as jy ’n sterk swemmer is of as jy weet dit is veilig.
  • Beskerm jouself teen sonbrand met ’n hoed en sonbrandroom, wat jy herhaaldelik aanwend.
  • Vermy om op die warmste tyd van die dag in die son te wees.
  • Wees te alle tye bewus waar om hulp te kry indien nodig.
  • As jy in die moeilikheid is, moenie paniekerig raak nie – lig jou een arm vertikaal in die lug vir bystand en aandag.
  • As jy ’n verdrinking aanskou, roep dadelik om hulp.

Eenvoudige swembad veiligheid

Streng toesig en ’n behoorlike swembad heining is van die beste maniere om ongelukke te voorkom. Hier is wat elke swembad eienaar moet weet:

Swembad hek:

  • Moet na buite oopmaak.
  • Moet ’n selfsluitbare hek met ’n knipslot wees.
  • Die knipslot moet minstens 1,5 m van die grond af wees.

Swembad heining:

  • Moet stewig en moeilik wees om te klim.
  • Moet minstens 1,2 m hoog wees.
  • Geen gapings groter as 100 mm hê nie, insluitend by die basis.
  • Verwyder enigiets naby die heining wat gebruik kan word om oor die hek te klim.

Wees gereed vir noodgevalle

  • Leer of verfris jou mond-tot-mond asemhaling- en noodhulpvaardighede – skryf in vir ’n noodhulp- of mond-tot-mond asemhaling-kursus.
  • Maak seker dat jou noodhulpkassie volledig is.

Veiligheid rondom damme, riviere en kanale

Wanneer jy swem:

  • Hou altyd toesig oor kinders naby water.
  • Moenie swem waar bote en ander vaartuie aktief is nie.
  • Vermy dit om in donderstorms en swaar weer te swem.
  • Wees op die uitkyk vir stormwaters en sterk strome in riviere en afvoerkanale.
  • Moet nooit alleen swem of in modderige water duik nie.

Beskerm jouself teen die son

  • Jy kan nie UV-strale sien of voel nie en hulle is sterk, selfs op koel of bewolkte dae.
  • Moenie wag vir warm, sonnige weer om jouself te beskerm nie.
  • Bedek altyd jouself en kinders met sonskerm, ’n hoed en sonveilige klere.

Lewensredding Suid-Afrika het verlede jaar die Watersmart-platform bekendgestel, ’n prettig en maklike e-leerplatform wat ontwerp is om kinders waterveiligheid te leer op ’n manier wat hulle sal verstaan.

Besoek https://watersmart.dhllifesaving.com/library/home vir meer inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.