Abigail Calitz, ’n graad 9-leerder aan die HMS Bloemhof, het in Maart vanjaar aan die swem vlak 3-kampioenskappe in Port Elizabeth gaan deelneem waar sy uitstekend gevaar het.

Sy het aan agt nommers deelgeneem en wen in sewe hiervan medaljes: twee goud, twee silwer en drie brons.

Sy het onlangs uitgevind dat sy vir die SA kampioenskappe gekwalifiseer het wat in Augustus plaasvind.

Alhoewel sy vir die 200 m-borsslag derde in die uitdunrondes gekom het, is sy ongelukkig in die eindronde gediskwalifiseer. Abigail se volledige uitslae is soos volg:

V 100 m-wisselslag – 3de (2:41.19)

V 100 m-borsslag – 1ste (2:21.40)

V 400 m-vryslag – 1ste (4:54.71)

V 200 m-vryslag – 2de (1:03.77)

V 100 m-vryslag – 2de (1:22.68)

V 50 m-vryslag – 3de (29:62)

V 50 m-vlinderslag – 3de (31:66)

You need to be Logged In to leave a comment.