Kara Bestbier het al ongeveer 45 kg broodsak-knippies ingesamel.Foto:


’n Gr.6-leerder aan die Laerskool Eikestad het al ongeveer 45 kg of drie swartsakke vol broodsak-knippies vir die Breadtags for Wheelchairs-projek ingesamel.

Kara Bestbier (12) sê sy “wil graag ’n verskil in iemand se lewe maak”.

Kara help vir DB Janse van Rensburg, ’n leerder van Paul Roos Gimnasium, wat sowat twee jaar gelede broodsak-knippies begin insamel het.

Talle ondernemings en instansies is reeds by die projek betrek en Kara se ma, Hermi, help vir Kara om die knippies by die verskeie plekke op te laai. ’n

“Ons raai mense aan om ’n houertjie by hul broodblikke neer te sit om die knippies daarin te gooi. Baie mense versamel dit, maar het niemand om dit te kom haal nie. Ons weet wat om daarmee te maak,” sê Hermi.

Kara se projek is deel van Laerskool Eikestad se verrykingsprogram wat poog om leierseienskappe in graad 6- leerders te ontwikkel. “Dis ’n projek wat Eikestad aanhou kan ondersteun.”

Hermi kan gekontak word by bestbierh@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.