Paul Roos Gimnasium is as die wenners van die JSE-beleggingsuitdaging van 2021 in die skole-afdeling aangewys. Die Pure Wholesomeness-span wat uit Francois Paul Lategan, Michael Samson, Jaydon Durr en Muhammud Docrat bestaan, het Paul Roos Gimnasium met hul eerste plek in die “Speculator Portfolio” verteenwoordig. Altesaam 22 000 leerders en studente uit 364 skole en universiteite landwyd het deelgeneem. Die kompetisie het van Februarie tot 20 September plaasgevind. Die JSE-beleggingsuitdaging het ten doel om hoërskoolleerders meer oor beleggings oor die wêreld heen te leer. Foto:
Leerders leer meer oor beleggings
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.