Twee leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het onlangs onderskeidelik eerste en tweede plek by die Suider-Afrikaanse ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se opstelkompetisie behaal.
Anmer Brand (graad 11) het die eerste plek behaal terwyl Jenika Foster (graad 11) tweede plek behaal het. Brand het die rand-ekwivalent van $500 gewen en Foster die ekwivalent van $300.
Die onderwerp vir vanjaar se kompetisie was: “Die rol wat die private sektor in ontwikkelende bedrywe en streek-waardekettings speel.”
Leerders moes bespreek hoe vennootskappe met die private sektor groei kan aanhits en waardekettings in belangrike sektore kan help ontwikkel.
Wilna van Heerden, skoolhoof, sê hulle is dankbaar dat hul leerders gebruik maak van geleenthede om hulself te ontwikkel.
“Ek en die onderwysers moedig ons leerders aan om die kennis en denkvermoëns wat hulle by Bloemhof leer, toe te pas.”