Die Hoërskool Stellenbosch se leerders het vanjaar weer uitstekende uitslae by die Stellenbosch-eisteddfod behaal.
Altesaam 17 leerders het aan die kompetisie deelgeneem wat vanjaar op ’n aanlynplatform plaasgevind het.
Die volgende leerders het pryse ontvang:. Conrad Bezuidenhout en Isaac King ontvang die Bessie van Brakel-wisseltrofee vir die beste uitvoering van ’n klavierduet deur senior leerders.. Alma Human wen die geldprys by Stellenbosch-eisteddfod vir die beste prestasie in klavier gelewer deur ’n senior leerder.. Emile Mostert ontvang die Stellenbosch-eisteddfod-medalje vir die beste uitvoering van ’n kunslied (ander tale), asook die Lezel Gunter-beker vir die mees belowende sanger.. Jan-Hendrik Basson word aangewys as die beste senior manlike deelnemer (sang) en ontvang hiervoor die AP Venter-beker. Hy ontvang ook die Eugéne van der Westhuizen-skild vir beste solosang (seuns 15-18 jaar).