Leerders raak ‘gesellig’

Die lot van vyf gr. 10-leerders by Lückhoff Sekondêr in Stellenbosch word vanaand, 24 Februarie, in ’n tugverhoor bepaal nadat ’n video waarin hulle (die leerders) alkohol op die skoolterrein gebruik wyd op sosiale media versprei is.

Hulle was ook glo in die besit van dwelms.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het die voorval by monde van ’n woordvoerder, Milicent Merton, bevestig en gesê die leerders is geskors hangende ’n tugverhoor. “Alkohol is ’n verbode middel in skole,” het sy bygevoeg.

In die video kan duidelik gesien word hoe die leerders tydens skoolure in hul skooluniforms op die skoolterrein gesellig raak.

Een van die meisies in die video skink ook ’n bier uit ’n Castle Light-bottel.

Daar kan ook duidelik gehoor word hoe een van die leerders sê: “Ons het ‘entjies’ en dagga en everything.”

Die leerder wat die bier skink, gebruik ook kru taal in die video wat slegs 13 sekondes lank is.

Die video is na vertroulik verneem word Maandag 14 Februarie op die skoolterrein geneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.