Leerders van Paul Roos Gimnasium (PRG) het Maandag (31 Oktober) die graf van wyle Paul Roos besoek om sy verjaardag te vier. Roos was ’n leerder aan en onderwyser by die Stellenbosch Boys’ High School, waar hy van 1910 af die skoolhoof was. Hy was ’n Springbok-rugbykaptein en het ook die naam aan die span gegee. Stellenbosch Boys’ High School is in 1941 na Paul Roos Gimnasium herdoop om Roos te vereer. Hy word beskryf as “ ’n waardige man wat geleef het om te dien en nie om gedien te word nie”. PRG se nuut aangewese leerlingraad vir 2023 het hul eer by sy graf by die inskrywing 30 Oktober 1880 tot 22 September 1948 gaan betoon.Foto:


Leerders van PRG besoek Paul Roos se graf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article