Leerders vier lentedag met Zumba-‘flash mob’

Weber Gedenk Primêr in Jamestown het die eerste dag van lente op ’n besonderse wyse gevier.


Weber Gedenk Primêr in Jamestown het die eerste dag van lente op ’n besonderse wyse gevier.

Leerders het dié dag met ’n opwindende Zumba-flash mob in die skoolsaal afgeskop, waarna ’n opvoedkundige staptog deur die wingerde aangepak is.

Terence Moses, die skoolhoof, sê die lentedagviering is ’n dag waarna die leerders baie uitsien.

Die staptog deur die wingerde en plase pas in by die kurrikulum en voeg waarde tot die leerders se akademie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.