In antwoord op die brief “Wat sê ander oor US se Hamlets?” deur die oud-Matie Adél deel ek graag my mening:
Die toneelspel beeld ‘n kaleidoskoop van verskeie tonele in ‘n diverse samelewing uit, soos uitgevoer deur die karakters van jong talentvolle studente. Reeds in die openingstoneel word gewys hoe Hamlet die trappe bestyg tot sy hoogste drome, maar tot benede gedruk word deur die negatiewe kant van die lewe.
Daarna volg weer ‘n spel waar verskeie karakters uitbeeld hoe hul lewens ritmies in hedendaagse uitdagings afgerol word; elk staar die lewe aan in ‘n geveg om sukses. Deur die toneel veg twee karakters om beheer van die stoel teen mekaar.
Hier word die gehoor verwys na wie sterker veg en die geveg van die lewe wen; positief beveg negatief en die aanhouer wen altyd en neem beheer.
Elke meubelstuk op die verhoog stuur ‘n duidelike boodskap aan die gehoor. Die hangende stoele verwys na hangende prestasies wat vermag is, ondanks ‘n komplekse en uitdagende probleem-wêreld. Die wiegende stoel dui op posisies en nalatenskap bereik in komplekse lewensomstandighede.
Die skoene voor verwys na legendes wat hul merk in hierdie probleem en uitdagende lewe gelaat het, met elk wat ‘n storie vertel. Die bewegende skoen dui voetstappe en nalenskappe wat gelaat is ondanks stryde en probleme in die lewe.
Laastens laat die spel die kyker besef dat die lewe, ondanks uitdagings, gelewe moet word en elke uitdaging oorwin moet word.
Demeri Willemse, E-POS





