Ek verwys na die berig “Appèl kom oor gat in Birdstraat” (Eikestadnuus, 24 April).
Die berig is eensydig soos talle ander berigte wat al geplaas is. Wat die Stellenbosch-munisipaliteit nie verklaar nie, is dat hy die saak met koste verloor het. Dít beteken ons as belastingbetalers moet ‘n aansienlike bedrag opdok.
Het dit nie tyd geword dat ons die amptenare verantwoordelik hou vir hul oordeelsfoute nie?
Anoniem, Cloetesville