LESERSBRIEF: Kosbare munt gesoek

, ,

Ek deel graag my storie oor ‘n verlore Krugermunt van jare gelede. My pa het altyd gespot dat ek “soos ‘n Krismisboom” lyk met al my juwele. Ek het op […]


Ek deel graag my storie oor ‘n verlore Krugermunt van jare gelede.

My pa het altyd gespot dat ek “soos ‘n Krismisboom” lyk met al my juwele.

Ek het op ‘n koue dag by die plaaslike Spar ‘n glybeweging teen my bors gevoel terwyl my man buite gesels het.

Ek het gemeld dat ek iets verloor het, maar weens depressiemedikasie was ek willoos en in ‘n dwaal.

Later sien ek in Eikestadnuus onder “verlore/gevind” dat iemand ‘n juweel in dié Spar gevind het. Ek wou reageer, maar het nooit die nommer gestoor nie.

My huishulp het onlangs my stukkende ketting (sonder die Krugermunt) onder ‘n lessenaar gekry.

Onlangs het my huishulp weer die koerant huis toe gebring, wat my geïnspireer het om hierdie brief te skryf.

Miskien het iemand my kosbare

Krugermunt steeds veilig bewaar?

As ek dit terugkry, slaap ek gewis daarmee langs my bed!

Anna, E-pos

You need to be Logged In to leave a comment.