’n Plaaslike liggaamsbouer van Stellenbosch, Jaco Jonker (27), is op pad na die Wêreld-liggaamsboukampioenskap in die Verenigde Koninkryk nadat hy onlangs sy pro-kaart ontvang het. Foto:


’n Plaaslike liggaamsbouer van Stellenbosch is op pad na die Wêreld-liggaamsboukampioenskap in die Verenigde Koninkryk nadat hy onlangs sy pro-kaart ontvang het.

Jaco Jonker (27) van La Colline het voorverlede Saterdag (10 September) die Westelike Provinsie-kompetisie van die Physical Culture Association (PCA) in die Mens Physique-afdeling en sportmodel-afdeling gewen. Hy het toe dadelik na die Suid-Afrikaanse kampioenskap deurgedring waar hy ook die Mens Physique-afdeling asook die algemene liggaamsbou-afdeling gewen het.

’n Plaaslike liggaamsbouer van Stellenbosch, Jaco Jonker (27), is op pad na die Wêreld-liggaamsboukampioenskap in die Verenigde Koninkryk nadat hy onlangs sy pro-kaart ontvang het. Foto:

Jaco Jonker (27) van La Colline het voorverlede Saterdag (10 September) die Westelike Provinsie-kompetisie van die Physical Culture Association (PCA) in die Mens Physique-afdeling en sportmodel-afdeling gewen.Foto:

Jaco Jonker het na die Suid-Afrikaanse kampioenskap deurgedring waar hy ook die Mens Physique-afdeling asook die algemene liggaamsbou-afdeling gewen het.Foto:

“Ek was baie oorweldig, dit het alles so gou gebeur aangesien ek eers vyf maande gelede my heel eerste skou gedoen het. Ek het toe elke afdeling gewen en is na die PCA-wêreldkampioenskap genooi waar ek my pro-kaart gekry het,” vertel Jonker.

“Na die WP-PCA-skou moes ek dadelik weer begin voorberei om reg te maak vir PCA se Suid-Afrikaanse kampioenskap wat sowat drie weke later sou plaasvind. Nadat ek gewen het, het die beoordelaars my teruggeroep verhoog toe, alleen, met geen idee hoekom of wat aangaan nie. Die beoordelaars het my gevra om ’n paar poses te doen en eweskielik kondig hulle af ‘Face the front as PCA’s South African Pro in Mens Physique Model Category’. Ek het natuurlik nie besef wat aangaan nie totdat hulle ’n groot pro-kaart in my hande gesit het,” sê Jonker.

Hy sê hy is baie opgewonde. “Dit is ’n groot geleentheid, ek kry die geleentheid om my land te verteenwoordig”.

Hy het al op 19 met liggaamsbou begin, maar het dit ernstig begin opvat vanaf 21. “Dit het later my passie geword en ek het dit in my loopbaan verander en my eie klein privaat gimnasium, Fitnation Gym oopgemaak. Ek is iemand wat hard werk en maak altyd seker ek maak tyd om te oefen, maak nie saak hoe besig ek is nie.”

Jonker sê hy oefen twee tot drie ure, ses dae per week en op sy afdae doen hy kardiovaskulêre oefeninge. “My dieet bestaan uit vyf maaltye per dag waarvan een van hulle ’n proteïene-drankie is en die ander vier bestaan uit net hoender, rys, komkommer en maalvleis sonder enige vet met soetpatat. Alles is afgemeet tot ’n spesifieke gram.”

“Ek wil graag ander mense inspireer en bewys dat harde werk regtig vrugte afwerp en dieselfde tyd kan jy dit nog steeds geniet.

Enigeen wat Jaco Jonker wil ondersteun met sy reis na die VK kan sy Back-a-Buddy poging by www.backabuddy.co.za/champion/project/jaco-jonker-539390402711763358410 raadpleeg.

You need to be Logged In to leave a comment.