Die multi-bekroonde aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en TV-aanbieder en -persoonlikheid Lizz Meiring bring ná ses jaar se navorsing ’n viering en sjampanje-verhaal soos min, op die planke van die Drostdy-teater in Stellenbosch. Die Weduwee se Sjampanjeis ’n uiters vermaaklike, unieke en informatiewe storie van die ware weduwee (Veuve) Cliquot wat in die 1800’s in Frankryk rewolusionêre metodes ontwikkel het om sjampanje- en wynmaak vir ewig, wêreldwyd te verander. Vreemd genoeg is haar uitsonderlike verhaal nog nooit op TV, film of teaterverhoë vertel nie, so dié produksie is letterlik ’n wêreld eerste. Meiring speel die fassinerende karakter van die Weduwee Cliquot wat haar lewensverhaal herleef – dis propvol interessanthede oor die vrou, haar werk, lewe en era. Voeg ’n glas of twee heerlike sjampanje by – et voila (siedaar) soos die Franse sou sê – heerlike, diepsinnige en slim, en by tye vrolike en hartstogtelike vermaak soos min! Die Weduwee se Sjampanje is môreaand (Vrydag 25 Maart) om 19:30 te sien. Kaartjies sluit ’n komplimentêre glasie Simonsig-vonkelwyn in. Bespreek jou plek aanlyn deur Computicket.Foto: