Kansa se geestesgesondheid en longkanker ondersteuningsgidse, beskryf wat oorlewendes en hul ondersteuningsstrukture mag ervaar.


Wêreld Longkankerdag, wat Donderdag 1 Augustus herdenk is, is ’n wêreldwye inisiatief wat help om bewustheid te bou oor hierdie kankersoort se ernstige emosionele effekte wat die genesingsproses kan vertraag en die positiewe effekte van behandeling kan verlaag.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) bied broodnodige geestesgesondheidsondersteuning aan longkankeroorlewendes, hul versorgers en hul geliefdes.

Die emosies wat ná enige kankerdiagnose ervaar kan word, sluit onder andere skok, hartseer, woede en angs in. Ander snellers kan die herhaling van die siekte, die einde van behandeling en selfs tydens behandeling insluit, waar mense depressie of ander psigososiale probleme ervaar.

“Om na jou geestesgesondheid om te sien is noodsaaklik aangesien dit jou kan help om jou diagnose en kankerbehandeling te hanteer, en jou lewenskwaliteit te verbeter,” het Zodwa Sithole, Kansa se hoof van voorpraak en ’n lid van die Globale Longkanker Pasiëntraad, wat bygedra het tot die ontwikkeling van hulpbronne om mense met longkanker, hul families en gesondheidsorgwerkers op te voed en te ondersteun, gedeel.

“Baie wag totdat hulle absoluut nie meer kan cope nie voordat hulle uitreik vir hulp. Dit is waarom Kansa werk om bewustheid van hierdie kwessies te skep en om hul behandeling te normaliseer.”

Wat die voorsiening van ondersteuning kompliseer, is dat elke individu verskillende behoeftes het, en daardie behoeftes kan tydens die stadiums van die siekte verander. Daarbenewens is dit nie net die oorlewendes wat ly nie; oorlewendes se versorgers, familielede en ander na aan hulle kan ook nood ervaar wat selfs groter kan wees as dié van die oorlewende.

Kansa se geestesgesondheid en longkanker ondersteuningsgidse, beskryf wat oorlewendes en hul ondersteuningsstrukture mag ervaar, wat die nood veroorsaak en hoe om deur die kwessies te werk. Hulle adviseer selfs wat ’n goeie gesprek maak en wat om te sê en wat nie te sê nie.

Die organisasie werk ook om longkankergetalle deur opvoeding en bewustheid te verminder, insluitend ’n video. Soos met alle soorte kankers, verhoog vroeë opsporing van simptome die kanse op effektiewe behandeling en ’n beter kans op herstel. Dit is in die top vyf algemeenste kankers onder mans in Suid-Afrika, volgens die Nasionale Kankerregister.

Mense wat nie rook nie, kan ook longkanker ontwikkel. Ongeveer 10 tot 15% van mense wat longkanker kry, het nog nooit gerook nie. Ander risikofaktore sluit in die effekte van vorige kankerbehandeling en blootstelling aan asbes, radonga’s en – in baie seldsame gevalle – stowwe soos chroom en nikkel.

Terwyl dit nie die enigste oorsaak is nie, bly rook of die gebruik van tabakprodukte een van die voorste oorsake van longkanker. Dit het Kansa gelei om te pleit vir sterker tabakbeheerregulasies, soos die Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringsisteme Beheerwetsontwerp (2022), ook bekend as die Tabakwetsontwerp.

Die wetsontwerp, wat nog ingestel moet word, ontmoedig onder andere die rook van tabakprodukte en moedig die vermindering van blootstelling van nie-rokende mense aan tweedehandse rook aan tabakverwante produkte. Beide direkte en tweedehandse blootstelling aan tabakprodukte dra by tot die voorkoms van longkanker.

Benewens die geestesgesondheid en longkankergidse, bied Kansa verskeie soorte ondersteuning, meeste daarvan gratis, aan diegene wat met ’n longkankerdiagnose leef, hul versorgers en die mense na aan hulle. Dit sluit emosionele ondersteuning in deur ondersteuningsgroepe en die vertroulike, gratis teleberadingsdiens en aanlyn op Facebook en ander platforms. Ondersteuning is ook by Kansa-sorgsentrums beskikbaar.

  • Vir meer inligting of om die ondersteuningsgidse te besigtig, besoek www.cansa.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.