Leerders van die Hoërskool Klapmuts het verlede Dinsdag (23 April) aan ’n loopbaandag deelgeneem, wat deur die Klapmuts-biblioteek, verbonde aan die Stellenbosch-munisipaliteit, gereël is. Verskeie rolspelers, soos die Universiteit Stellenbosch, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Weermag, asook die Stellenbosch-munisipaliteit se wetstoepassingseenheid, het leerders toegespreek oor loopbane in dié verskeie velde, terwyl Good Hope FM regstreeks van die geleentheid af uitgesaai het. Op die foto is die radio-omroeper Leigh-Anne Williams van The Morning Show op Good Hope FM met ’n groep leerders van die Hoërskool Klapmuts.
Loopbaandag vir Klappies
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.