Drie leerders van Hoërskool Stellenbosch het die afgelope naweek ’n studente-uitstalling in die Kaapstadse internasionale konferensiesentrum bygewoon. Hulle het interaktiewe aanbiedinge bygewoon en leerders is aangemoedig om fotografie as beroep te ondersoek. André Lund, wat al van sy werk op die National Geographic-kanaal vertoon het en in die internasionale fotografiewêreld bekend is, het die leerders op ’n unieke en inspirerende wyse toegespreek. Hier is, van links, Megan Bezuidenhout, Lund, Anne Sharp en Tomei Sierra by die geleentheid.