Paul Roos Gimnasium het die tonge laat klap by Oppie Tong Af-redenaarskompetisie wat verlede week by Laerskool Brackenfell gehou is. Die leerders het in verskillende kategorieë deelgeneem en kon kies of hulle aan die voorbereide of onvoorbereide kompetisie wou deelneem. Dit is die eerste jaar dat Paul Roos ook Engelse leerders ingeskryf het. Die beste deelnemer in elke graad word gekies om die Wes-Kaap by die nasionale eindronde in Gauteng te verteenwoordig. Pellatt Smith en Mihan van Zyl het na die nasionale eindronde deurgedring. Hier is (agter): Rudolf Louw, Jean du Plessis, Mihan van Zyl, Ruan Hanekom en Leigh-Rae Luitjies. Voor is Elliot Cutler, Pellatt Smith en Jo van Rooyen.