Huis Horison in Stellenbosch neem vanjaar weer aan die Loslitdag-vieringe deel.

Dié spesiale dag word jaarliks deur die Nasionale Raad vir mense met gestremdhede (NCPD) as geldinsamelingsprojek aangebied. Loslitdag is ’n wyd gevierde nasionale veldtog wat vanjaar op Vrydag 2 September gehou gaan word.

Vanjaar se tema is #ICelebrateSA.

Om Huis Horison te ondersteun en jou Loslitdag-plakker teen slegs R20 te koop, besoek gerus www.huishorison.org.za.

You need to be Logged In to leave a comment.