
Vyf atlete van Laerskool Stellenbosch is na afloop van die Boland-atletiekkampioenskap opgeneem in die Boland-span ná uitstekende individuele vertonings. Van links is Nicola van der Merwe (2de; verspring, o.11), Jenna Von Zeuner (1ste; gewigstoot, o.11), Musahdiq Cornelson (2de; verspring, o.13), Reuben van der Merwe (1ste; spiesgooi, o.13) en Jeannie Myburgh (3de; hoogspring, o.12). Die skool se veldatlete het in die Wes-Kaap-atletiekbyeenkoms weer uitstekend presteer. Reuben (seuns o.13) was 1ste in die spiesgooi en het die Wes-Kaap-rekord verbeter. Nicola was 1ste in die verspring vir meisies o.11 en Musahdiq Cornelson was derde in die verspring vir seuns o.13. Al drie hierdie atlete is opgeneem in die Wes-Kaap-atletiekspan wat 20 en 21 Maart aan die S.A. kampioenskap deelneem.