Laerskool Stellenbosch het verlede maand sy eerste o.11-tennistoernooi aangebied. Die skole Lochnerhof, Kenridge, Beumont, Helderberg Meisies en Laerskool Stellenbosch het deelgeneem. Die spelers het sake Vrydag 18 Oktober en Saterdag 19 Oktober op die tennisbaan uitgespook. Laerskool Stellenbosch se o.11-meisies het tweede en hul seunspan eerste geëindig. Die meisiespan van links is Nicola van der Merwe, Larissa Scholtz, Lila van der Merwe en Lida Booysen.