Nicole Robinson (16), ’n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het met drie medaljes van die SA Judo Ope teruggekeer. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir hierdie gewilde gevegskunsvorm is van 1 tot 4 Julie in Vanderbijlpark in Gauteng gehou. Nicole is met ’n silwermedalje in die individuele afdeling beloon en toe weer met ’n tweede plek in die spangeveg-item vir o.16’s. Sy het die goue medalje gewen nadat sy haar teenstanders in die kategorie vir o.20’s uitgestof het.


Luister as sy ‘nee’ sê!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article