Nicole Robinson (16), ’n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool Bloemhof, het met drie medaljes van die SA Judo Ope teruggekeer. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap vir hierdie gewilde gevegskunsvorm is van 1 tot 4 Julie in Vanderbijlpark in Gauteng gehou. Nicole is met ’n silwermedalje in die individuele afdeling beloon en toe weer met ’n tweede plek in die spangeveg-item vir o.16’s. Sy het die goue medalje gewen nadat sy haar teenstanders in die kategorie vir o.20’s uitgestof het.