Kom geniet ’n heerlike teepartytjie by die Stellenbosch-museum Saterdag 20 Augustus om 10:00 by Voorgelegen, Dorpstraat 116. Die tema is “Pilare in die gemeenskap”.
Twee gassprekers sal hul ondervindings met die gehoor deel oor hoe hulle as vroue nie net ’n dinamiese beroep beoefen nie, maar ook aktief by die gemeenskap betrokke is.
Die gassprekers is kaptein Nathalie Martins, ’n woordvoerder van die Stellenbosch-tak van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, en Antonia du Toit, skoolhoof van St. Paul’s Primêr, wat baie jare by Rietenbosch Primêr in Cloetesville onderwys gegee het.
Die vermaak sal deur Revonah Anthony verskaf word.
Kaartjies is beskikbaar teen R100. Kontak die Stellenbosch-museum by 021 887 2937 vir besprekings.