Jamestown se eie Natalie Hine is ’n semi-finalis in die Mev. Heelal Suid-Afrika-skoonheidskompetisie.


Natalie Hine, gebore en getoë in Stellenbosch, is ’n semi-finalis in die Mev. Heelal Suid-Afrika-skoonheids­kom­petisie.

Dié kompetisie fokus op die bemagtiging van getroude sowel as geskeide vroue en bied ’n platform om hul netwerk en sakeonderne­mings te laat groei. Die kompetisie ondersteun vroue van alle agtergronde met die slagspreuk “Celebrate You!”

Deelnemers ontvang afrigting en mentorskap en word ambassadeurs vir Suid-Afrika en voorstryders teen huishoudelike geweld en mishandeling.

Hine wil talle vroue met haar reis, gekenmerk deur oorwinning ten spyte van persoonlike tragedies en uitdagings, inspireer.

Sy het haar man ná ’n dekade van getroude lewe tragies verloor. Skielik moes sy vier dogters alleen grootmaak, maar liefde was weer in die vooruitsig.

Hine is later weer getroud en het twee seuns bygekry.

Hine en haar tweede man het egter geskei, maar sy sê ten spyte van die uitdagings is haar ses kinders ook haar bron van krag.

“Ek het ’n passie om ander te help en ’n positiewe impak in hul lewe te maak. Vir my is die Mev. Heelal Suid-Afrika-kompetisie ’n platform om vroue wat soortgelyke beproewings beleef het, te bemagtig. Ek wil hoop, krag en inspirasie bied aan vroue wat soortgelyke struwelinge deurmaak,” verduidelik Hine.

Sy doen ’n beroep op die Stellenbosse- en breër Wes-Kaapse gemeenskappe om haar te ondersteun in haar tog om die kroon as Mev. Heelal Suid-Afrika te dra.

Hine is op soek na borgskappe om te help om die koste van haar deelname aan die nasionale kompetisie te dek.

  • Om met Hine kontak te maak, stuur e-pos na natalie9hine@gmail.com

You need to be Logged In to leave a comment.