Wêreldsampioendag word elke jaar op 15 Oktober deur miljoene mense gevier, wat hulde bring aan dié wonderkos.

Met meer as 14 000 verskillende spesies wat oor die wêreld heen gekweek word, is sampioene ’n beskeie kos wat nie net ’n heerlike smaak bied wanneer dit op sy eie geëet word of by verskeie disse gevoeg word nie, maar dit is ook een van die mees volhoubaar vervaardigde kosse op die planeet.

Die sjefs by Capsicum Culinary Studio het hul gunsteling sampioen disse met Eikestadnuus gedeel. Waarom nie hierdie een probeer nie?

Gevulde portobello sampioene

Bestanddele:

• 6 medium portobello sampioene

• 200 g spinasie, opgekap

• 2 eetlepels rooi ui, fyn opgekap

• 1 sprietui, opgekap

• ¾ koppie ongegeurde jogurt

• ¼ koppie mayonnaise

• 1 koppie Parmesaan-kaas, gerasper

• ¼ teelepel tarragon

• ¼ knoffelpoeier

• ¼ seesout

• varsgemaalde swartpeper

• 1/3 koppie broodkrummels

Metode:

1. Verhit die oond tot 220 °C.

2. Verwyder die stingel van die sampioene en hol die middel uit.

3. Spuit ’n oondbak met kleefvrye kooksproei en plaas die sampioene op die oondbak.

4. Sprinkel olyfolie oor die sampioene en gebruik jou hande om dit oor die sampioene te vryf.

5. Strooi sout oor die sampioene en bak in die oond vir 13 tot 15 minute, of tot dit sag is. Verwyder uit die oond en dreineer oortollige vloeistof.

6. Spoel en dreineer deeglik die spinasie. Meng die spinasie, sprietui en rooi ui met die jogurt, mayonnaise, ¾ koppie Parmesaan-kaas, tarragon, knoffelpoeier, sout en peper.

7. Verminder die temperatuur van die oond na 190 °C.

8. Skep eweredige lepels van die mengsel in die geroosterde sampioene en plaas die oorblywende Parmesaan-kaas en broodkrummels bo-op.

9. Plaas die oondbak terug in die oond en bak vir 10 minute tot goudbruin. Bedien onmiddellik.

You need to be Logged In to leave a comment.