Die nuutgestigte Wemmershoek-gemeenskapsvoedingskema het Dinsdag (2 Julie) by die plaaslike gemeenskapsaal begin kos uitdeel. Honger magies is warm en vol gemaak danksy die talle vrywilligers wat die potte aan die prut gehou het. Die gevoedingskema bedien Dinsdae en Donderdae om 14:00 ’n maaltyd aan behoeftig kinders, maar het hulp nodig om die diens aan die gang te hou. Enigeen wat skenkings het of op ander maniere kan help, kan die organisasie se voorsitter, Isaac Davids, by 074 367 6469 bel.