Man aangekeer oor tik

’n Man (33) van Lanquedoc is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes dwelms in sy besit gevind het.


’n Man (33) van Lanquedoc is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes dwelms in sy besit gevind het.

Sers. Julian Martin, ’n woordvoerder vir die Groot Drakenstein-polisie, sê die polisie het inligting ontvang dat dwelms by ’n woning in die gebied afgelewer is.

“Beamptes het ’n lasbrief bekom en dit by die adres wat aan ons gegee is, uitgevoer. Die verdagte is met 45 sakkies tik in sy besit betrap.”

Die man het voorverlede Donderdag (17 Augustus) in die Paarl-landdroshof verskyn en is tot ’n volgende hofdatum vrygelaat.

Die Groot Drakenstein-polisie het in ’n afsonderlike onlangse voorval ook ’n 16-jarige seun in hegtenis geneem nadat ’n halwe Mandraxtablet in sy besit gevind is.

“Hy het reeds in die hof verskyn en is in sy ouers se sorg vrygelaat totdat hy weer in die hof moet verskyn.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.