Man ná brandstigting aangekeer

Die Stellenbosch-polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n brand voorverlede week in Jamestown uitgebreek het en sowat vier gesinne dakloos gelaat het.


Die Stellenbosch-polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n brand voorverlede week in Jamestown uitgebreek het en sowat vier gesinne dakloos gelaat het.

Die brand het Maandag 4 Junie omstreeks 04:00 by Mountain View in Jamestown uitgebreek.

“Getuies sê dat hulle ’n verdagte ten tyde van die ontstaan van die brand deur die kombuisvenster sien vlug het. Die polisie het die verdagte aangekeer en vir brandstigting in hegtenis geneem,” het die polisie bevestig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.